De VOC Kamer Antwerpen richt de boeg naar Kaap Die Goeie Hoop

Als onvervaarde kaapvaarders trokken Remy en Jan onlangs richting Kaap Die Goeie Hoop waar zij een ontmoeting hadden met onze zustervereniging die Suid-Afrikaanse Stigting VOC.

In hun tijdschrift Generale Missive vonden wij hiervan onderstaand verslag.

Kamer Antwerpen kom kuier

In 2008 het omtrent 30 lede van VOC Camer die Haghe uit Den Haag die land besoek. Ons Stigting en hulle het toe verskeie aktiwiteite saam onderneem (soos ’n dinee in die groot saal van die Kasteel) en vriendskappe is gesmee wat vandag nog voort duur.

Ons susterskamer, VOC- kamer Antwerpen is van voorneme om aanstaande jaar in April die Kaap te besoek op soek na spore van die VOC, cn om natuurlik ook die landskap en wildlewe te sien. Drie van ons komiteelede, Alex Giardini, Dan Sleigh en Rudolf Rode het die here Remy Appermont en Jan Roebben by SASNEV ontmoet om ’n moontlike toerprogram met hulle te bespreek. Ons hoop om weer met hulle te skakel en aanstaande jaar hul toergroep op sosiale vlak te ontmoet.

foto credits: Gys Dubbeld