Overlijden Dan Sleigh

Vanuit Zuid-Afrika bereikte ons het droevige nieuws van het overlijden van Dan Sleigh. Naast een gerenommeerd schrijver en historicus, was hij ook de drijvende kracht achter de Stigting VOC in Zuid-Afrika.

Beste Kollegas in die verre noorde,

Die hart en siel van ons Stigting, die bekroonde skrywer en historikus, dr. Daniel Sleigh, is Vrydag, 28 Julie, dood aangetref in sy huis in Pinelands, Kaapstad. Hy sou op 3 November vanjaar sy 85ste lewensjaar voltooi het. Sy onvermoeide bydrae tot die doelstellings van die Stigting VOC is onoortroffe en kan nie hoog genoeg aangeslaan word nie.

Ons laaste bestuursvergadering met Dan was Saterdag 22 Julie, eers by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), en toe dit te laat vir die personeel word, het ons die vergadering by Dan aan huis voortgesit. Sy ondernemingsgees was ongebroke, hy was steeds die dryfveer agter ons projekte en hy het genoem dat hy weer aan ’n manuskrip begin werk het.

Ons treur oor ’n groot navorser-skrywer en ’n ware vriend.

Rudolf Rode (sekretaris, Stigting VOC)